Werkers ernstig beseer toe hysbak val
2011-01-07 20:03
Johannesburg – Drie mense is beseer toe hulle in Kaapstad se middestad aan ‘n hysbak gewerk en drie vloere geval het, het Wes-Kaapse paramedici gesê.
Die voorval het Vrydag by ‘n gebou op die hoek van Chiappini- en Somerset-weg gebeur.
Volgens André Visser, ER24-woordvoerder, moes een van die werkers met gespesialiseerde toerusting uitgehaal word nadat hy in die hysbak vasgesit het.
Die drie werkers het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ‘n mediese fasiliteit geneem is.
Dit is nie duidelik wat presies gebeur het nie, maar ‘n maatskappy het ‘n oproep ontvang om die foutiewe hysbak reg te maak.
Volgens Visser het die kabel na bewering gebreek terwyl die werkers aan die hysbak gewerk het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA