Drie ernstig beseer na botsing
2009-11-23 09:02
Johannesburg – Drie mense is beseer toe twee taxi’s en ‘n motor Maandagoggend in Boksburg gebots het, het paramedici in Johannesburg gesê.
Die twee taxi’s het trompop gebots op Van Dyk-straat rondom 07:30 en een van die bestuurders is kritiek, het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
Gedurende die botsing het beide taxi’s ‘n Mercedes Benz getref en die twee vrouens wat daarin was is ernstig beseer.
Die taxi-bestuurder is per helikopter na ‘n hospitaal geneem. Geen van die insittendes in die taxi’s is beseer nie.
- Sapa