Drie dood in ontploffing by Pta-huis
2012-12-21 12:01
Johannesburg – Drie mense insluitende 'n kind is Vrydag in 'n gasontploffing by 'n huis in Eersterust, Pretoria, dood, het paramedici gesê.
Een mens het ook ernstige beserings opgedoen en is na 'n nabygeleë hospitaal geneem, het Johan Pieterse, woordvoerder, gesê.
"Dit wil voorkom asof daar 'n gaslekkasie in die huis was en iets dit aan die brand laat slaan het," het Pieterse gesê.
Die krag van die ontploffing het 75% van die huis se dak weggeblaas en een kamer aan die brand geslaan.
Die brand is intussen geblus en die ondersoek is aan die polisie oorhandig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA