Drie dood, 9 beseer toe motor rol
2010-09-06 05:32
Kaapstad – Drie mense is dood en nege ander is beseer toe ‘n motor Sondagmiddag op die Bultfontein-pad, sowat 20 km van Welkom, gerol het, het ‘n woordvoerder gesê.
Daar word beweer dat die bestuurder van ‘n bakkie beheer oor die voertuig verloor het en verskeie kere gerol het, het Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, gesê.
Drie mense is dood voordat die paramedici by die toneel opgedaag het.
Een vrou het kritieke beserings opgedoen terwyl twee ernstig beseer is. Die ander ses mense het ligte beserings opgedoen.
Die pasiënte is eers op die toneel gestabiliseer voordat hulle na hospitale in Welkom vir verdere behandeling geneem is.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter.