Drie dood, 28 beseer in NK-ongeluk
2012-02-01 21:58
Johannesburg – Drie mense het Woensdag gesterf en 28 mense is beseer in ‘n kettingbotsing waarby vyf voertuie betrokke was buite Kathu in die Noord-Kaap, het paramedici gesê.
‘n Minibus-taxi het blykbaar teen die agterkant van ‘n motor gebots. Die motor het toe teen ‘n ander motor wat voor dit was vasgery op die N14-snelweg sowat 10 km buite Kathu, het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
‘n Groot vragmotor het toe teen die agterkant van die taxi gebots. ‘n Derde motor was ook by die botsing betrokke. Die agterkant van die taxi is heeltemal verwoes, het Visser gesê.
Die drie mense wat gesterf het, was in die taxi. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Brandweer- en reddingsdienste moes spesiale toerusting gebruik om die ander drie passasiers uit die wrak te haal, het Visser gesê.
Al 28 beseerdes is na verskeie hospitale in die gebied geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA