Drie boere deur weerlig doodgeslaan
2011-12-14 23:02
Durban - Drie boere van die Passenham-plaas naby Gingindlovu in KwaZulu-Natal is Dinsdagaand deur weerlig doodgeslaan, het die polisie gesê.
"Emmanuel Mansango (33), Lungile Nyawo (28) en Khanyisile Mthembu (40) het op 'n stoep gestaan toe hulle deur die weerlig getref is," het polisiewoordvoerder Vernon Mchunu Woensdag gesê.
Sewe ander werkers is ook deur die weerlig getref en word tans in die nabygeleë eShowe-hospitaal behandel.
Mchunu het gesê sover is 195 mense weens rampspoedige voorvalle in dié provinsie dood.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA