Drie beseer toe skare sterre van 'Bold' bestorm

2011-02-21 09:48
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Drie mense is lig beseer toe aanhangers van die Amerikaanse TV-sepie The Bold and the Beautiful Sondag in hul massa na die Eastgate-winkelsentrum aan die Oos-Rand opgeruk het om hul gunsteling-sterre te sien.

Die akteurs wat in Suid-Afrika is, is Jacqueline MacInnes Wood (wat Steffy Forrester in die reeks speel), Brandon Beemer (Owen Knight) en Jack Wagner (Nick Marone).

Kate Frangoudis (54) van Benoni se gewrig en een been is beseer toe sy deur ’n groep mense omgestamp is.

Sy sê dit het gebeur net toe die sepiesterre by die sentrum opgedaag en die mense mekaar gestoot en gedruk het om naby die akteurs te kan kom.

Volgens Frangoudis was daar versperrings om die skare op ’n afstand te hou.

Die versperrings het vinnig in die stof gebyt toe die skare die akteurs sien en hulle stormloop.

Tyrone van den Berg van ER24 wat by Eastgate aan diens was, het gesê hy het nog twee mense met ligte beserings behandel: ’n agtjarige meisie met ’n kopbesering en ’n 14-jarige meisie met ’n kniebesering.

Volgens Van den Berg het die sentrum se bestuur die nooddienste nie van die internasionele sepiesterre se besoek in kennis gestel nie.

“As ek dit vooraf geweet het, sou ek gereël het dat daar meer paramedici saam met my aan diens was.”

Tshepo Monnamoroe, een van die Eastgate-bestuurders wat gister aan diens was, het gesê ’n verklaring oor die sepiesterre se besoek sal vandag uitgereik word.

Eastgate se veiligheidsafdeling was in beheer van die veiligheidsreëlings vir die geleentheid.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.