Drie beseer ná vier vragmotors bots
2010-09-06 14:58
Kaapstad – Drie mense is beseer ná ‘n ongeluk op die N3, 25 km noord van Warden in die Vrystaat, het paramedici gesê.
Vier 18-wiel vragmotors het omstreeks 03:00 Maandagoggend in mekaar vasgery, maar presiese besonderhede van die ongeluk was nog nie bekend nie.
Met Netcare 911 se aankoms op die toneel het die wrakke van die vier vragmotors die snelweg versper.
Een persoon het ernstige beserings opgedoen, terwyl twee ander ligte beserings opgedoen het.
Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabilisser, waarna hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter