Turkse sendelinge betas, slaan glo seuns

2010-10-21 08:30
Tweets Share Share line Print

Beeld

Polokwane (Pietersburg). – Drie Turkse sendelinge wat opleiding in die Islam-geloof by ’n nasorgsentrum hier gee, het minderjarige seuns glo aangerand en na bewering betas.

Die drie jong mans het Woensdagmiddag laat in die landdroshof in die stad verskyn op aanklagte van aanranding, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die oortreding van die Wet op Seksuele Misdrywe.

Die 22-, 24- en 19-jarige mans is Maandag ná ’n polisie-ondersoek in hegtenis geneem. Ingevolge wet mag hulle nie geïdentifiseer word nie omdat hulle nog nie op die seksuele aanklagte teen hulle gepleit het nie. 12 seuns van tussen 11 en 14 jaar oud wat by die nasorgsentrum woon, is die klaers in die saak.

Die seuns kom almal uit agtergeblewe gemeenskappe in Limpopo en almal kom uit arm huise.

Hulle beweer hulle is glo geslaan en die mans het glo ook honde op hulle losgelaat. Die seuns beweer ook die mans het hulle gesoen en betas.

Mnr. Andries Rheeder, die mans se regsverteenwoordiger, het tydens hul borgtogaansoek gesê al die leerlinge is intussen by die nasorgsentrum verwyder. Hulle is tans in ’n plek van veiligheid. Die seuns is ook vroeër die week na ’n hospitaal geneem vir mediese ondersoeke.

Die mans is die afgelope twee jaar verbonde aan die nasorgsentrum. Hulle woon ook daar en vervoer die kinders glo daagliks na en van die laerskool. Hulle gee ook klasse oor die Islam-geloof ná skool aan die kinders.

Die mans kan glad nie Engels praat of verstaan nie.

Die hofverrigtinge moes in Turks vir hulle getolk word.

Me. Alice Lekganyane, staatsaanklaer, het nie borgtog teengestaan nie. Die mans se paspoorte is ingedien.

Landdros Janine Ungerer het die saak tot 2 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

mlouw1@beeld.com

Lees meer oor: kinders  |  seksuele aanranding

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.