Drie SARS-werkers sterf in ongeluk
2010-06-11 02:15
Johannesburg. – Twee SARS-werkers is in 'n motorongeluk in Noordwes oorlede toe hulle 'n sinkgat in die pad probeer vermy.
“’n Ooggetuie wat in die motor agter hulle gery het, vertel dat hulle ‘n sinkgat in die pad probeer vermy en beheer oor hul motor verloor het,” het kol. Junior Metsi, polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Hulle was omtrent 14:30 Woensdagmiddag op pad van Zeerust na hul plek van werk in Kopfontein toe die ongeluk plaasgevind het.
Tshepo Nawane en Beauty Mokale is op die toneel oorlede.
Volg Nuus24 op Twitter.