Drie OTM'e in Mpumalanga opgeblaas
2011-04-06 12:50
Nelspruit – Drie OTM'e is Dinsdag in Mpumalanga opgeblaas, het die polisie gesê.
In die eerste voorval is 'n Absa-OTM by 'n Engen-vulstasie in Sabie opgeblaas, het kol. Tummi Shai gesê.
Agt swaar gewapende mans het personeel by die vulstasie met 'n vuurwapen aangehou voor hulle kommersiële plofstof gebruik het om die OTM op te blaas.
Hulle het in 'n wit Audi A4 en 'n blou VW Polo gevlug.
In Witbank is twee OTM'e opgeblaas deur rowers wat in 'n silwerkleurige BMW gevlug het, het Shai gesê.
Niemand is in die voorvalle beseer nie, en geen skote is afgevuur nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA