Dreigoproep laat Ina Bonnette opnuut sidder

2012-02-11 07:05
Tweets Share Share line Print

Modimolle (Nylstroom). – “Ek sien jou, maar jy sien my nie.”

Dié woorde van ’n manstem wat sy nie kon eien nie, het Ina Bonnette Vrydag uit die hof hier gehou waar haar vervreemde man en die drie mans wat hy na bewering gehuur het om haar te verkrag, weer verskyn het.

Johan Kotzé (50) en sy drie medebeskuldigdes, Andries Sithole (42), Peter Mohlako (34) en Frans Mphaka (38), word onder meer ook van die moord op Bonnette se seun, Conrad, aangekla.

Bonnette, wat die hofverskyning wou bywoon om te wys Kotzé het haar “nie gebreek nie”, het die oproep Donderdag by haar werk ontvang.

Dis nie duidelik of dit Kotzé of ’n vriend van hom was wat gebel het nie. Bonnette kon die stem nie herken nie.

Adv. Renier van Rooyen, staatsaanklaer, het Bonnette daarna aangeraai om nie hof toe te gaan nie.

Elize Coetzer, ’n goeie vriendin, het gesê Bonnette is ná die oproep “emosioneel weer terug waar sy was net ná die aanval”.

Kotzé het Vrydagoggend in die hofselle egskeidingsdokumente ontvang. Die egpaar is in Oktober 2010 getroud en is sedert begin verlede jaar vervreemd.

Rehan Coetzee, sy prokureur van Steenkamp, De Villiers & Coetzee in Bloemfontein, het aan Beeld gesê die firma het Kotzé aangeraai om nie nou om borgtog aansoek te doen nie. “Die tyd is nie nou geleë nie.”

Volgens Coetzee het hy die staat gevra om die dossier aan hom beskikbaar te stel. Hy sal dit nou deeglik bestudeer. “Daar is ’n groot kans dat ons in ’n later stadium om borgtog sal aansoek doen.”

Coetzee het gesê Kotzé word in ’n enkelsel in die Pretoria-Sentraal-gevangenis aangehou. “Hulle kyk mooi na hom.”

In teenstelling met sy vorige hofverskyning was Kotzé Vrydag skoongeskeer. Hy het ’n wit en blou geruite hemp en ’n donkerblou denimbroek aangehad.

Sy stiefdogter, Angelique Bonnette (16), het in die voorste hofbank gesit.

Sy het sigbaar gebewe toe Kotzé voor haar in die beskuldigdebank gestaan het. Hy het haar 19-jarige broer glo op 3 Januarie doodgeskiet.

Angelique het ná die hofverskyning gesê: “Ek het niks om vir hom te sê nie. Ek gaan nie my asem op hom mors nie.”

Kayla Beukes, Conrad se vriendin, het haar ondersteun. Hulle het hande vasgehou in die hofbank.

Sowat 30 vroue met pienk T-hemde het Vrydag voor 09:00 na die hof geloop.

Op van hul hemde het “Vir Ina” gestaan. Bykans 150 lede van die ANC-vroueliga in Limpopo het ook voor die hof betoog.

Plakkate met die woorde “Kotzé en cronies must face the music” en “Real men don’t kill” is rondgeswaai.

Nadat Kotzé en sy drie medebeskuldigdes in ’n gepantserde voertuig by die hof aangekom het, het betogers om die hofgebou na die voordeur gehardloop en geskreeu: “Daai bliksem is klaar binne.” Hulle het ook verskeie vloekwoorde geskreeu.

Mense het mekaar by die ingang na die hofgebou vertrap om in die hofsaal te kom.

Landdros Hannes Stoffberg het gelas die drie mans wat glo deur Kotzé gehuur is om Bonnette te verkrag, mag nou wel geïdentifiseer word.

Sithole, Mohlako en Mphaka het hul baadjies oor hul gesigte getrek gehou totdat die fotograwe die hofsaal verlaat het.

Kotzé het nie met die drie gepraat nie.

Die vier mans staan tereg op 17 aanklagte elk.

Die saak is tot 11 Mei uitgestel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: johan kotzé  |  moorde  |  verkragtings  |  misdaad  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.