Drankverkope se doppie geklink

2010-06-02 09:00
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard

Kaapstad - Nog strenger maatreëls om die handelsure vir drankverkope te beperk gaan hier ingestel word.

Streng nuwe stappe met ’n boete van tot R30 000 of drie jaar gevangenisstraf is van die aanbevelings van ’n spesiale taakspan van die Kaapse stadsraad wat in die nuwe verordening oor drankverkope vervat is.

Daar word beoog dat dié nuwe regulasies oor drankverkope reeds op 1 September in werking sal tree. Die finale konsep van die nuwe verordening moet nog net deur die burgemeesterskomitee en stadsraad goedgekeur word.

Dié stappe gee die stadsraad hier groter mag om die ure van drankverkope vir gebruik op persele (restaurante, nagklubs, kuierplekke en wynplase) asook verkope van drank vir verbruik op ander plekke (drankwinkels en supermarkte) te beheer.

Thaki Amira, voorsitter van die stadsraad se taakspan wat die nuwe drankverordening ondersoek het, het Dinsdag gesê die stadsraad het eers vasgestel wat hy ingevolge drankwetgewing mag reguleer, waarna die nuwe verkoopsure bepaal is.

’n Groot deel van die dokument oor die nuwe verordening sluit honderde kwelvrae en voorstelle van die publiek, drankbedryf, kettingwinkels en kuierplekke in. Dié kommentaar is verkry deur ’n omvattende proses van openbare deelname.

Uiteindelik is die doppie geklink vir ongereguleerde drankverkope wat nie die regte in ag neem van bure, ander besighede en inwoners binne die groter grense van die Kaapse metropool nie. Die ure van drankverkope is ingevolge die sonerings binne die stadsgrense bepaal en verskil vir uitsluitlik residensiële gebiede, sakegebiede en landbougebiede.

Amira stel voor gegriefdes begin sommer nou al aantekeninge maak indien drankverbruik- en verkope op nabygeleë persele ’n openbare las veroorsaak.

“Gaan dien ’n klag by die polisie in en hou ’n bewys daarvan. Sodra die verordening deurgevoer is, kan opgetree word.”

Drankverkoopspunte gaan voortaan nie meer outomaties hul dranklisensies hernieu nie. Dié lisensies gaan jaarliks deur die Dranktribunaal hersien word.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: drank

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.