Drama toe vliegtuig se deur breek

2010-02-12 07:25
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Meer as R1 miljoen se skade en koste is meegebring deur ’n onbeholpe Suid-Afrikaanse lugvaartinspekteur wat oudpres. Thabo Mbeki se vliegtuig in Soedan, Khartoem, sonder toestemming betree en die deur gebreek het.

Die drama het Maandagaand op die lughawe van Khartoem afgespeel waar ’n huurvlug van die Suid-Afrikaanse Lugmag Mbeki besorg het. Mbeki is deur die Afrika-Unie (AU) afgevaardig om te help met die vredesproses tussen strydende partye in Noord- en Suid-Soedan.

’n Lugwaardigheidsinspekteur van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) wou die bemanning se dokumente inspekteer, maar kon hulle nêrens opspoor nie.

Volgens die BLO was die inspekteur op versoek van die Soedanse owerheid in die land weens kommer dat verskeie Suid-Afrikaans geregistreerde vliegtuie klaarblyklik nie lugwaardig is nie.

Hy het vervolgens sonder toestemming in die vliegtuig, wat in die militêre spergebied op die lughawe geparkeer was, geklim en ná ’n rukkie uitgeklim, onbewus daarvan dat die vliegtuig deur die lugmag gehuur is. Die BLO mag normaalweg nié militêre huurvliegtuie inspekteer nie.

Die betrokke Gulfstream II-straler se deur moet op ’n spesiale manier toegemaak word. Toe die inspekteur daarmee gesukkel het, het hy dit toegedwing. Die deurmeganisme het in die proses gebreek.

Die BLO het gerugte ontken dat die inspekteur in hegtenis geneem is. Hy het ’n volledige verslag oor die voorval aan die Soedanse owerheid verskaf.

Die BLO moes noodgedwonge inderhaas nog ’n Gulfstream met ’n tegnikus, onderdele en gereedskap aan boord stuur om die stukkende deur te gaan regmaak.

Die uitkoms was ten minste voorspoedig. Die tegnikus kon die deur oornag regmaak en Mbeki kon gisteroggend soos beplan vertrek om verder aan die vredesproses deel te neem.

Volgens die BLO is die saak na sy regsafdeling verwys om te bepaal wie vir die meer as R1 mijoen se kostes weens die voorval aanspreeklik gehou sal word.

- Beeld

Lees meer oor: vliegtuie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.