Dowe Lumka Lengisi (17) gevind
2010-11-11 12:07
Kaapstad – Lumka Lengisi, die 17-jarige dowe meisie wat in Kaapstad vermis geraak het, is gevind, het Missing Children SA op hul Facebook-blad bekend gemaak.
Volgens die organisasie se blad was Lengisi Dinsdagaand in ‘n motorongeluk betrokke en is sy na die Tygerberg-hospitaal geneem.
Lengisi, ‘n leerling van die Noluthando-skool vir dowes in Khayelitsha, Kaapstad, het Dinsdag vermis geraak.
‘n Lid van die publiek het die berigte van die meisie oor die radio gehoor en die polisie geskakel.
Die persoon het die polisie in kennis gestel dat daar ‘n moontlikheid is dat sy in die Tygerberg-hospitaal is.
Lengisi is daarna deur haar ouers identifiseer, het Donald Grant, Wes-Kaapse LUR van onderwys, gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24