Dosent oor die rug gemoker oor ‘moeilike vraestel’

2011-11-05 08:21
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Tweedejaarstudent in ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand het sy dosent eergister in ’n eksamenlokaal met ’n stok oor die rug gemoker oor sy vraestel glo te moeilik was.

Volgens ooggetuies het die student, net bekend as Mfundo, uitgeglip ’n paar minute nadat die vraestelle om 14:00 uitgedeel is en ’n stok buite opgetel.

“Ek was so geskok, want die hele voorval het reg voor my oë gebeur,” het ’n regstudent gister op voorwaarde van anonimiteit gesê.

“Ons het saam met die tweedejaar-ingenieurs in dieselfde lokaal geskryf. Hulle het bouwetenskap geskryf. Dit was in ons vyf minute- leestyd toe Mfundo sy dosent, Obinna Ozumba, met ’n stok hard op die rug geslaan het.”

Die studente kry vyf minute leestyd om die vraestelle deur te lees en seker te maak alles is in orde voordat hulle begin skryf.

“Ozumba het omgedraai, die stok in twee gebreek, hom gevra waarmee hy dink hy besig is en veiligheidsbeamptes ontbied. Albei het baie kwaad gelyk. Mfundo het ewe verwaand op sy selfoon gestaan en speel sonder om ’n woord te sê totdat hy weggelei is,” het die regstudent gesê.

Volgens Mfundo se klasmaats het Ozumba en Mfundo vantevore oor punte vasgesit.

“Mfundo is ’n baie stil ou. Ons is almal nogal geskok oor wat gebeur het,” het ’n klasmaat gesê.

Sommige het gesê dit was ’n baie moeilike vraestel.

Shirona Patel, Wits se kommunikasiehoof, het bevestig Ozumba is aangerand, maar wou nie Mfundo se naam of van bevestig nie. Patel kon ook nie sê of hy met sy eksamen mag aangaan of hangende die ondersoek geskors is nie. “Die universiteit is bewus van die voorval en ondersoek die saak,” het sy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.