Dosent gebruik glo kru taal oor Zuma

2011-11-15 09:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die gedrag van ’n dosent van die Militêre Akademie op Saldanha word op hoë vlak deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ondersoek nadat hy na bewering kwetsende aanmerkings en kru taal in ’n kroeg gebruik het om pres. Jacob Zuma te beledig.

Hoewel die Militêre Akademie nie ’n woord oor die voorval wou rep nie, is Die Burger in besit van e-pos van Ivor Lee van Saldanha wat aan ene maj.genl. Lindiwe Yam, bevelvoerder van die Akademie, gerig is. In die e-pos versoek Lee dat die voorval amptelik ondersoek moet word.

’n Afskrif is ook gestuur aan Marius Fransman, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking. Fransman is ook die leier van die ANC in die Wes-Kaap.

Die dosent – wie se naam aan Die Burger bekend is – het na bewering vir Zuma as ’n “ruggraatlose p—sie” uitgekryt en wou glo van Lee weet hoekom Zuma toelaat dat “korrupsie net voortgaan”.

Lee sê in sy e-pos: “Ek het hom versoek om my en my vriende alleen te laat. Ek het ook by die eienaar gekla. Hy is gevra om ons uit te los.

“Hy het egter voortgegaan om ons te teister en politiek gedrewe vrae oor pres. Zuma en die ANC te vra. Ek vind dit vreemd dat ’n persoon wat in diens is van die staat so beledigend en disrespekvol teenoor die president van die land kan wees.”

By navraag wou Lee nie kommentaar lewer nie. “Ek het niks verder om te sê nie.”

Siphiwe Dlamini, kommunikasiehoof van die weermag, het gesê albei partye het verklarings oor die voorval afgelê.

“Volgens ons inligting is een van die partye ’n dosent by die Militêre Akademie. Ons wil klarigheid oor die beweerde voorval hê en daarom is die uitslag nog nie gefinaliseer nie. Dit is na die bevelvoerder en die hoof van menslike hulpbronne verwys.”

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het gesê dit is die eerste keer dat die presidensie hiervan hoor. Dit moet die normale roete van ondersoek loop.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.