Dorp gis oor beendere-vonds

2011-04-12 09:42
Tweets Share Share line Print

Kuruman - Die polisie op die dorp stel ondersoek in nadat vermoedelik renosterbeendere in die veld langs die Reivilo-pad sowat 11km buite die dorp gevind is.

Dit kom nadat kameelperd- en elandbeendere verlede jaar agter die dorp se nywerheidsgebied gevind is.

Inwoners van die dorp gis oor die oorsprong van die jongste vonds en daar is beweringe dat dit moontlik van renosters afkomstig is.

Ao. Paul Schoeman van die Kuruman-polisie het die bene ontdek terwyl hy op ’n lugpatrollie langs plaaspaaie gevlieg het. Hy het monsters na Onderstepoort gestuur om te bepaal van watter soort dier of diere dit kom.

Die uitslag van die toetse sal aan die einde van die week bekend wees, sê hy.

Dr. David Mabunda, uitvoerende hoof van SANParke, het vroeër vanjaar in ’n verklaring gesê dat SANParke geld van wildveilings gaan gebruik om die DNS van elke renoster in Suid-Afrika op ’n databasis te kry.

SANParke, die Nasionale Vervolgingsgesag en die direktoraat vir voorkeurondersoeke het saam met die departement van genetika by Onderstepoort toerusting ontwerp waarmee DNS-monsters van elke renoster in die land geneem kan word.

Mabunda het op die bekendstelling van die DNS-toerusting gesê Suid-Afrika het nou ’n nuwe wapen teen renosterstropers gekry.

Verskeie inwoners van Kuruman meen dat dit renosterskarkasse is wat langs die pad lê.

Met Volksblad se besoek aan die toneel was daar geen skedels of horings nie, maar wel onder meer heupbene en ribbene.

Die bene lê in ’n donga reg langs die grondpad en 1 km van die hoofpad tussen Daniëlskuil en Kuruman. Die beendere is sowat drie weke gelede hier gestort en het nog sleg geruik.

Dit kom nadat kameelperd- en elandbene asook saaglemme verlede jaar in Oktober agter die nywerheidsgebied op Kuruman gestort is.

Ao. Schoeman het toe ook ’n navraag geopen om te bepaal wie die bene weggegooi het en wat die rede is.

Die ondersoek duur voort.

- Volksblad

Lees meer oor: bene  |  renosters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.