Dorp betreur die dood van drieling se ma
2010-05-31 17:33
Kaapstad – Die dorp van Ebenaezer, net buite Vredendal, betreur die dood van 'n drieling se ma skaars twee maande na sy geboorte geskenk het.
Barenise Geland (25), het twee maande gelede geboorte geskenk aan dié dorp se eerste drieling in meer as 200 jaar.
“Ons is vreeslik hartseer oor ons dogter wat so vroeg van ons af weggeneem is,” het Barenise se ouers gesê.
“Tog is ons trots, want volgens die dorp se rekords, is dit die eerste drieling wat hier gebore is.”
Die drie kleintjies is op 32 weke in die Tygerberg-hospitaal gebore.
Thurston het by geboorte ‘n gesonde 2 kg geweeg, sy boetie Thorne het 1,9 kg en Thurlon, die kleinste, het 1,5 kg geweeg.
Hul ma het weens 'n vergrote hart, wat met haar swangerskap vererger is, gesterf.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.