Dooie baba in asblik gevind
2010-10-01 22:03
Johannesburg – ‘n Dooie baba is in Florida aan die Wes-Rand in ‘n asblik gevind, het die polisie in Gauteng Vrydag bekend gemaak.
“’n Bedelaar, wat op soek was na kos, het op die lykie afgekom. Hy het die voorval dadelik by die polisie aangemeld,” het kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, polisiewoordvoerder, gesê.
Die baba-lykie was in plastieksakke toegedraai.
“Die bloed vas nog vars so ons vermoed dit het nie te lank terug gebeur nie,” het Mtila-Dikolomela gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA