Doofstom 17-jarige verkrag én swanger
2010-05-10 12:02
Pinetown – ’n 17-jarige doofstom tiener van Pongola in KwaZulu-Natal is swanger nadat sy na bewering deur drie tienerseuns verkrag is, het die polisie Maandag gesê.
“Die meisie is na bewering gedurende die Paasnaweek in Nongoma verkrag, waar sy haar familie besoek het.
Sy het nie die voorval aangemeld nie omdat sy nie kan praat of hoor nie,” het lt. kol. Vincent Mdunga gesê.
Die tiener se voog het van die verkragting uitgevind toe hulle agterkom sy is swanger, het hy gesê.
“Die meisie is deur die polisie ondervra en sy het hulle van die verkragting vertel.
Drie verdagtes is in hegtenis geneem.
Hulle sal na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Nongoma verskyn.
-Sapa