Doodstaxi-bestuurder verskyn in hof

2010-09-01 07:16
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die landdros in die taxi-ongeluksaak waarin tien leerders gesterf het, het gister aan die hof gesê hy ken die pyn van ’n ouer wat ’n kind aan die dood moes afstaan.

Jacob Humphreys (55), die bestuurder van die doodstaxi waarin nege leerders verlede Woendag gesterf het, het in die Blue Downs-landdroshof voor landdros Gerald Hattingh verskyn. ’n Tiende kind is Vrydag in die hospitaal dood.

Humphreys staan tereg op 10 aanklagte van strafbare manslag.

Hattingh het gesê hy ervaar steeds ná 24 jaar die pyn van sy kind se dood. Sy kind was 13 jaar oud. Hy het sy simpatie met die ouers, naasbestaandes en familie van die kinders betoon, maar ook gesê hy is simpatiek teenoor die situasie waarin Humphreys hom bevind.

Humphreys, wat by die Mfuleni-polisiekantoor aangehou is, het met sy hofverskyning glimlaggend vir familielede en ondersteuners in hof 1 van die Blue Downs-landdroshof gewaai.

Van sy familielede het met lyfwagte by die hof aangekom.

Daar was ’n paar steke in Humphreys se kop sigbaar.

Hy het na bewering oor ’n treinoorgang in Buttskopstraat, Blackheath, gery en ’n aankomende trein het in die taxi vasgery.

Adv. Quintin Appels, ’n staatsaanklaer van die direkteur van openbare vervolging se kantoor, het gesê die aanklagte kan verander namate die ondersoek vorder.

Hy het die landdros om uitstel gevra en gesê die staat is nog nie gereed vir ’n formele borgtogaansoek nie. Volgens hom het hulle nog inligting nodig.

Twee van die gesinne wie se kinders in die ongeluk gesterf het, het ’n advokaat aangestel om hul kinders se regte in die saak te beskerm. Adv. Yvette Isaacs het gesê sy verteenwoordig die ouers van Reece Smith (7) en Jason Pedro (14). Sy sal die hofsaak bywoon en al die prosesse rondom die hofverrigtinge aan hul ouers verduidelik.

Humphreys se regsverteenwoordiger, adv. William Fis­cher, het gesê sy kliënt sterk goed aan.

Hy is ’n asmalyer en daar is gevra of sy medikasie vir hom gegee word.

Die saak is tot 7 September uitgestel en Humphreys word tot dan in die Pollsmoor-gevangenis aangehou.

    * Reece Smith (7) en Jason Pedro (14) word vandag begrawe. Reece word om 09:30 uit die Lighthouse Kerk in Kuilsrivier begrawe en Jason om 10:00 uit die Baptistekerk in Gabrielstraat, Forest Glade. Besigtiging is om 09:00 by Jason se ouerhuis.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: taxi ongeluk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.