Doodgesteek vir ‘n paar skoene
2010-06-29 03:27
Mpumalanga – ‘n 21-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriend doodgesteek het vir ‘n paar skoene in die Tweefontein-informele nedersetting, het die polisie in Mpumalanga Maandag gesê.
Volgens ao. Patrick Mabena, polisiewoordvoerder, het ‘n 25-jarige man ‘n paar skoene vir R350 aan sy vriend verkoop.
“Sy vriend het hom betaal, maar die 25-jarige man het Sondag teruggegaan na sy vriend en aangedring op meer geld,” het Mabena gesê.
“’n Hewige argument het uitgebreek tussen die twee vriende. Die verdagte het ‘n mes uitgehaal en sy 25-jarige vriend daarmee in die bors gesteek. Die slagoffer het inmekaargesak,” het Mabena gesê.
Die verdagte het homself Maandagoggend aan die polisie oorhandig.
Hy is van moord aangekla en sal Dinsdag in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA