Dood van 22 babas in Kby bekyk

2010-07-27 09:19
Tweets Share Share line Print

Kimberley. – Die redes vir die dood van 22 pasgebore babas in Junie in die Kimberley-hospitaal moet oopgevlek word, het Pakes Dikgetsi, Cope-lid in die Noord-Kaapse wetgewer en lid van dié wetgewer se portefeuljekomitee vir gesondheid, gister gesê.

Niks moet onder die mat ingevee word nie.

Hy het gesê dié komitee vergader vandag om op dié sterftes te fokus. Dit is vermoedelik meer as gewoonlik. Volgens die departement is die getal sterftes onder meer weens ’n groot getal tienerswangerskappe en ma’s wat nooit enige gesondheidsgerief besoek het nie.

Die topbestuur van die Noord-Kaapse departement en sy hoof moet hieroor kom verslag doen. Hopelik sal Mxolisi Sokatsha, Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, ook teenwoordig wees, het Dikgetsi gesê.

Hy het gesê die komiteelede wil statistieke sien sodat dié sterftes met ander maande vergelyk kan word. Hy het gesê ’n mens wil nie oor die redes vir die dood van dié babas spekuleer nie en of dit weens natuurlike oorsake of nalatigheid is nie, maar die dood van een pasgebore baba is te veel.

Die dood van 22 sulke babas in een maand is baie ernstig. Dit is vir enige ma baie traumaties om ’n baba te verloor, het Dikgetsi gesê.

Na verneem word, is dié sterftes veral toe te skryf aan die groot getal pasiënte wat na die Kimberley-hospitaal oorgeplaas word en die swak ambulansdienste waarmee hulle vervoer word. Teen die tyd dat die verwagtende vroue by dié hospitaal aankom, is dit te laat om die baba te red. Van die sterftes kan glo regstreeks met nalatigheid en infeksies verbind word.

Lulu Ntsie, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, het gesê die statistieke en kliniese diagnose word elke maand met dokters en spesialiste by die hospitaal bespreek.

“Die statistieke vir Junie het 107 toelatings gewys en 22 is dood. Altesaam 50% van die toelatings het tienerswangerskappe ingesluit, asook ma’s wat nooit enige gesondheidsgerief besoek het nie. Dit het die getal geboortes van premature babas en geboortekomplikasies verhoog.”

Ntsie het gesê die rede vir die hoë getal sterftes vir Junie sluit in gevalle van vroue wat nie voorgeboorte-klinieke besoek het nie, vroue wat laat by klinieke en hospitale aangekom het, babas wat baie ondergewig was met geboorte en babas met ’n aangebore misvormdheid, asook babas van ma’s wat MIV-positief is en wat nie voorgeboorte-sorg bygewoon het vir behandeling om te voorkom dat dit van die ma na die kind oorgedra word nie.

Volksblad wou gister by Ntsie weet hoeveel pasgebore babas in onderskeidelik April en Mei in dié hospitaal dood is en wat die hoofredes vir hul sterftes is, asook hoeveel van die 22 babas te vroeg gebore is en wat hulle geweeg het.

Volksblad het ook die name gevra van die ouers van die pasgebore babas wat in Junie dood is. Ntsie het gesê sy kan eers vandag hierop reageer. 

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sterftes  |  kinders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.