Donasies gevra ná sorgsentrum brand

2011-06-13 17:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Daar word dringend gesoek na donasies vir die oorlewendes van ‘n brand waarin 12 mense Maandag in die vroulike vleuel van die Struisbult-sorgsentrum in Springs dood is, het die Ekurhuleni metropolitaanse munisipaliteit gesê.

“Donasies van komberse, beddegoed (lakens, handdoeke, kussingslope, bedoortreksels), klere, pantoffels, toiletware en nie-bederfbare kos word dringend benodig.” Het woordvoerder Zweli Dlamini gesê.

Die Ekurhuleni uitvoerende burgemeester Mondli Gungubele en die Gautengse LUR vir gesondheid Ntombi Mekgwe het ook ‘n beroep gedoen op nie-regeringsorganisasies en die privaatsektor om ‘n helpende hand te verleen.

Volgens Sello Mokoena, die woordvoerder vir die Gautengse departement van gesondheid, is diegene wat deur die brand geraak is na die Zanele Mbeki-sentrum geneem.

“Hulle het alles verloor,” het Mokoena gesê.

Uit die 27 wat in die brand beseer is, is 19 na die Pholosong-hospitaal in Tsakane geneem, terwyl die oorblywende agt na die Verre-Oosrand-hospitaal in Springs geneem is.

Agttien uit die 19 is ontslaan, maar een persoon is steeds by die Pholosong-hospitaal om behandeling vir longontsteking te ontvang.

Ander is op die toneel vir rookinaseming en skok behandel. Familielede en vriende het ook berading ontvang in ‘n fasiliteit wat in ‘n ander gedeelte van die sentrum opgerig is.

“Die omvang van die skade by die Struisbult-sorgsentrum word nog bepaal, het Dlamini gesê.

Daar was 59 mense wat in die vleuel gewoon het. Die vleuel is Maandagoggend deur die brand vernietig en die dak het inmekaargesak .

Nooddienswerkers het daardie deel van die gebou as onveilig verklaar.
Die geregistreerde privaat fasiliteit, wat ‘n subsidie van die provinsie ontvang, spesialiseer in die sorg van bejaardes en verstandelik gestremdes. Sowat 155 mense woon in die sentrum.

Vir inligting oor donasies, kontak Bongani Ngomane van die Gautengse departement van gesondheid en sosiale ontwikkeling op 082 460 3608

Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: springs  |  bejaardes  |  brande  |  gestremdes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.