Dominee se vrou nog kritiek ná aanval
2012-11-09 12:29
Bloemfontein – ‘n Dominee wat in ‘n aanval in sy huis op Harrismith gesterf het, se vrou is nog in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in Mediclinic Bloemfontein.
OFM berig Dorethia Brits is saam met haar gesin in hul huis op die Oos-Vrystaatse dorp deur drie gewapende mans aangerand en besteel.
Haar man, ds. Willem Brits, is vermoedelik met 'n byl doodgekap. Sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is doodgeskiet terwyl hy die egpaar probeer beskerm het.
'n Woordvoerder vir die gesin, AJ Scherrer, het aan die radiostasie sê die egpaar se seun, Martin (27), is vasgebind en in 'n bad met lopende krane geplaas. Hy kon egter daarin slaag om te ontsnap.
Hul dogter, Thea (23), is ongedeerd.
Volksblad het vroeër berig een van die verdagtes is reeds vasgetrek. Twee ander is nog soek.
Volg Nuus24 op Twitter