Dominee op stresverlof na herrie oor duiwels

2011-02-20 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die duiwel is los in Krugersdorp.

Die bevrydingsbediening van ds. Pieter Fourie, een van die predikante van die NG gemeente Rant en Dal, het tot soveel ongemak in die gemeente gelei dat Fourie nou openlik daaroor praat om die NG Kerk te verlaat.

Fourie is die laaste weke in die nuus nadat ’n mediaherrie ontstaan het oor dié bediening waardeur hy duiwels en demone uit mense dryf.

Hy het in ’n stadium op Facebook sy bereidwilligheid verklaar om “spoke” en duiwels uit mense se lewe te verjaag.

Nou blyk dit daar is reeds sedert verlede jaar ongemak in sekere kringe in die gemeente oor dié bediening van Fourie. Sy duiweluitdrywing is toe al deur die gemeenteraad bespreek.

Volgens Fourie het sy medeleraar, ds. Jannie Pelser, hom ná een van sy preke (waarin hy glo vertel het hoe ’n groep kinders van demoniese belasting bevry is) selfs ’n dokument laat onderteken waarin hy onderneem het om nie weer oor duiweluitdrywery te preek nie.

Pelser het buite die gemeente ’n hoë profiel as sanger, radio-omroeper, TV-aanbieder en leier van die Nuwe Hart-stigting.

Sedert die storm om Fourie se kop losgebars het, is hy op siekteverlof. “Dis eintlik stresverlof,” sê hy.

“Daar is só baie mense wat positief is oor my bediening,” sê hy. “Dit is net die leiers van Rant en Dal en die NG Kerk wat negatief is.”

Fourie is ook kwaad dat hy deur die gemeente aangesê is om nie met die media onderhoude te doen nie, terwyl sy kollega in die jongste uitgawe van Kerkbode oor die spanning in hul gemeente praat.

“Hulle trek my uitmekaar. En dit terwyl ek getuienis op getuienis het van mense wat ek gehelp het. As hulle dit nie aanvaar nie, is my tyd binne die NG Kerk dalk verby.”

Pelser sê die versoek dat Fourie nie meer oor bevryding preek nie, was bloot ’n tydelike ordereëling en dat hulle reeds die saak met hom verder sou bespreek het, as dit nie was vir die feit dat hy intussen op siekteverlof gegaan het nie.

“Ons vertrou dat ds. Pieter gou sal herstel sodat ons rondom hierdie saak kan vorder.”

Selfs al is hy op verlof, sê Fourie hy kry daagliks nog sowat 30 versoeke om hulp van oor die land heen. “Een skryf daar is ’n spook op sy plaas, ’n ander vertel haar kind raak soggens drie uur wakker nadat hy iets gesien het. Saterdagoggend het ’n oom en tannie hier opgedaag, die heelpad van Germiston af, om te vertel hulle het ’n sangoma gaan sien en sedertdien gaan dinge mal.”

Fourie se bediening, wat insluit dat hy talle jong kinders van demone en bindings bevry en dat hy mense waarsku teen wierook, Boeddha-beelde en Afrika-maskers, lei intussen tot ’n al hoe wyer gesprek in die NG Kerk.

Kerkbode, lyfblad van dié kerkverband, het selfs twee volbladsye afgestaan aan ’n debat van verskillende teologiese sienings oor die kwessie.

Fourie is ook ongelukkig dat baie van die kritiek teen hom uit snedige aanmerkings oor sy voorkoms bestaan. Mense kom gereeld op sy Facebook-blad en beskuldig hom van vraat- en vetsugtigheid.

Hy was tot onlangs erg oorgewig, maar het sedertdien glo al omtrent 20 kg afgeskud.

 

- Rapport

Lees meer oor: geloof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.