Dokumente in Krejcir-saak gereed
2011-12-06 13:09
Johannesburg – Alle dokumente wat benodig word om Radovan Krejcir te verdedig, is ontvang, het die Johannesburgse landdroshof Dinsdag gehoor.
Eddie Claasen vir die verdediging het gesê twee staatsgetuies en 'n derde persoon is gedagvaar om sekere dokumente te verkry en dít is ontvang. Die inhoud van die dokumente is nie bekend gemaak nie.
Die verdediging het gesê hy is vanaf 16 tot 20 April aanstaande jaar gereed vir verhoor.
Die 43-jarige Tsjeggiese sakeman is uit op borgtog van R500 000.
Krejcir staan tereg op aanklag van bedrog nadat dr. Marian Tupy, 'n uroloog, erken het dat hy Krejcir se bloedmonsters omgeruil het met dié van 'n pasiënt wat aan terminale blaaskanker ly.
Tupy beweer hy het met opset 'n verkeerde diagnose gemaak sodat 'n lewensversekeringsmaatskappy R4,4 miljoen aan Krejcir kon uitbetaal.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA