Dokters vry ná bewerings oor onwettige oorplantings
2012-12-15 13:11
Johannesburg – Aanklagte teen ses dokters wat na bewering betrokke was by 'n internasionale komplot om onwettige nieroorplantings te doen, is in die Durbanse hooggeregshof teruggetrek, het 'n berig Saterdag gelui.
Antonie Troskie, die waarnemende regter, het Vrydag beslis dat die saak teruggetrek kan word, het die Saturday Star berig.
Troskie het gesê prof. John Robbs, prof. Ariff Haffejee, Dr Mahadev Naidoo, Dr Neil Christopher, Lindy Dickson en Melanie Azor se reg op 'n regverdige verhoor is geskend ná die saak 'n volle sewe en 'n half jaar vertraag is.
"Ek kan nie aanvaar dat die vertraging geregverdig was nie. Die redes wat gegee is, is nie oortuigend nie," het hy gesê.
Die dokters het in Desember 2011 aangevoer dat hulle nie geweet het dat arm Brasilianers deur ryk kopers van Israel vir hulle niere betaal is nie.
Ongeveer 90 onwettige nieroorplantings het tussen 2001 en 2003 plaasgevind.
Die dokters het ontken dat hulle enige rol gespeel het in die goedkeuring en administrasie van pasiënte wat oorplantings ontvang het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA