'Dokters se insae nodig oor gesondheidsplan'
2011-08-12 13:09
Johannesburg – Dokters se insae is nodig vir die suksesvolle implementering van die beoogde nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV), het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) Vrydag gesê.
Norman Mabasa, voorsitter van die SAMV, het gesê 30% van Suid-Afrika se dokters werk in die openbare sektor en 70% in die privaatsektor.
"Dit is duidelik en voor die handliggend dat hulle die insae van die 70% wat nie in die stelsel is nie, sal benodig vir die suksesvolle implementering van die plan."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA