Dokters in sop oor oortydbetalings
2013-02-08 15:53
Johannesburg – Ses Gautengse dokters word deur tugverhore in die gesig gestaar nadat hulle glo die oortydstelsel misbruik het, het die departement van gesondheid Vrydag gesê.
"Die tugproses volg ná 'n ondersoek wat verlede jaar gedoen is. Tugverhore teen al ses is nog nie afgehandel nie," het Simon Zwane, woordvoerder, gesê.
Altesaam nege dokters word by die bedrog betrek. Twee van die dokters is intussen skuldig bevind en een onskuldig.
Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid, het Maandag gesê dokters by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto en dié by die Pholosong-, Verre Oosrandse en OR Tambo-gedenkhospitaal is nie betaal nie.
The Star het Vrydag berig dat 'n dokter tussen Maart 2010 en April 2011 altesaam R822 583 geëis het vir oortyd.
'n Ander dokter is R698 765 betaal, wat baie meer is as wat dokters toegelaat word om te eis vir oortyd.
Dokters wat meer as 30% van hul salaris eis in oortyd, moet redes aanvoer hoekom die bedrag oorskry is en bewyse verskaf.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA