Dokters in hof oor baba se dood

2011-07-21 07:02
Tweets Share Share line Print

Bethlehem - Twee geneeshere van die dorp het Woensdag hier in die streekhof op aanklag van strafbare manslag verskyn ná die dood van ’n babameisietjie.

Drs. Roelof Pistorius, ’n chirurg, en Thomas Wessels, ’n pediater, is in die beskuldigebank nadat Riaan Vlok en sy vrou, Franciska, die aanklag ingedien het ná hul dogtertjie, Anneke, se dood in 2008.

Anneke was 7 maande en 22 dae oud toe sy in die Mediclinic Bethlehem dood is. Dit was ná ’n noodoperasie op ’n naeltjiebreuk waarmee Anneke gebore is. Pistorius was betrokke by die operasie en Wessels het voor die tyd en daarna aan die familie raad gegee oor Anneke se toestand.

Nadat mev. Vlok Woensdag getuig het, is sy deur die dokters se advokaat, Salie Joubert van Pretoria, ondervra. Vlok het Woensdag getuig dat Anneke in die vroeë oggendure van 11 Junie 2008 verskriklik begin huil het en nie wou ophou nie. Ná ’n besoek aan haar huisdokter die middag is daar voorgestel dat Anneke na ongevalle gehaas word omdat haar naeltjiebreuk beklem word en sy geopereer moet word.

In die ongevalle-afdeling het Pistorius ook Anneke ondersoek en die operasie voorgestel. ’n Noodoperasie is gedoen waarin die geklemde dermpie losgemaak is en die gaatjie waarin dit vasgeknyp was, toegewerk is.

Volgens Vlok was Anneke ná die operasie geensins gemaklik nie en het sy die hele tyd “hortend asemgehaal” en gebraak. Anneke se toestand het die volgende dag versleg en Vlok het al hoe angstiger geraak. Wessels het weer in die prentjie gekom het en Anneke se toestand help dophou.

Met ’n latere besoek van Pistorius het hy en Vlok verskil oor Anneke se toestand en het Pistorius volgens Vlok uit die vertrek gestorm en gesê: “Ek onttrek my van dié baba.”

Joubert het gesê volgens sy kliënte was dit nooit die geval nie. “U het wel volgens dr. Pistorius geweier dat ’n ander geneesheer betrek word.”

Mev. Vlok het ontken dat Pistorius se weergawe van die storie waar is. Anneke is die aand na die intensiewesorgeenheid van Mediclinic gebring waar dokters deur die nag gespook het om haar aan die lewe te hou. Sy is egter die volgende oggend dood. Vlok het aan haar man bly sê dat iemand ’n fout gemaak het.

“Ek het gesê iemand moet haar oopsny en kyk wat het fout gegaan. Die lykskouing het gewys daar was ’n gaatjie in haar dunderm.”

Vlok sê dit is veroorsaak deur die operasie wat Pistorius op Anneke uitgevoer het.

Joubert het Vlok se toestand tydens haar dogtertjie se hospitalisasie telkens as “hiper-angstig” beskryf. Joubert sê albei sy kliënte voel dat daar geen nalatigheid aan hul kant was nie. Die verhoor duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: hof  |  kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.