'Dokter' wat wou aboteer, in hegtenis geneem
2011-05-16 22:56
Johannesburg – ‘n Sogenaamde ‘dokter’ is in Pretoria in
hegtenis geneem vir die onwettige uitvoering van aborsies, het die
gesondheidsdepartement gesê.
Die man is Saterdag in hegtenis geneem kort
voor hy ‘n aborsie op ‘n jong vrou van Pretoria sou uitvoer, het Fidel Hadebe, ‘n
woordvoerder van die gesondheidsdepartement, in ‘n verklaring gesê.
Daar word vermoed dat die man deel is van ‘n
sindikaat wat voorgee dat hulle dokters is.
Die departement het ‘n beroep op mense gedoen
om slegs gebruik te maak van geregistreerde aborsie-klinieke.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA