Dokter verkrag glo dokter

2011-08-12 07:05
Tweets Share Share line Print

Odendaalsrus – ’n Getroude dokter wat op kontrakgrondslag by die Thusanong-staatshospitaal op die dorp gewerk het, is op ’n aanklag van verkragting op ’n jonger kollega in hegtenis geneem.

Die beweerde verkragting het in ’n staatshuis op die hospitaalterrein plaasgevind.

Die vermeende verkragter, ’n 38-jarige algemene praktisyn van Brakpan, is vandeesweek in die landdroshof op Odendaalsrus op borgtog van R2 000 vrygelaat. Deel van sy borgtogvoorwaardes is dat hy nie met die klaer in kontak mag kom nie en dat hy nie sy voete in die Goudveld mag sit nie, behalwe wanneer hy hier in die hof moet verskyn.

Jabu Mbalulu, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, sê die slagoffer, ’n 26-jarige dokter, word deur die departement bygestaan en alle nodige hulp wat aan verkragtingslagoffers gegee word, is ook aan haar beskikbaar gestel.

Sy is ook tyd gegun om by haar familie en vriende die gebeure te gaan verwerk.

Hy sê die vermeende verkragter, wat twee weke lank by Thusanong gewerk het, is geskors. Sy kontrak van twee weke met Thusanong het verlede week, toe die beweerde verkragting plaasgevind het, verstryk.

Sers. Puleng Motsoeneng, polisiewoordvoerder, sê die vermeende verkragter moet op 2 September weer in die hof verskyn.

Sy sê die beweerde verkragting het verlede Woensdagaand in die slagoffer se huis op die hospitaalterrein plaasgevind.

Die getroude dokter het die jong dokter glo gebel en gesê dat hy iets met haar wou bespreek. Sy het hom toe na haar huis genooi.

Ná hul gesprek het hy glo daarop aangedring om met haar seks te hê en toe sy weier, het hy haar na bewering gedwing en gewelddadig verkrag.

Sy het die klag eers Vrydag, nadat die getroude dokter ná die verstryking van sy kontrak terug Brakpan toe is, by die polisie gaan aanmeld.

Hy is daar in hegtenis geneem en na Odendaalsrus teruggebring waar hy Maandag die eerste keer in die hof verskyn het.

Motsoeneng sê borgtog is nie deur die staat teengestaan nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: verkragtings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.