Dokter sê sy handel in horing was 'wettig'

2011-07-23 10:26
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Dokter en wildplaaseienaar van Noordwes het erken hy het renosterhoring en leeubene aan ’n maatskappy van Laos verskaf wat ontmasker is as ’n front vir ’n Suidoos-Asiese smokkelsindikaat.

Dr. Deon Engelbrecht het egter vandeesweek ontken hy weet enigiets van die sindikaat se bedrywighede.

Volgens ’n faktuur wat Die Burger bekom het, het Engelbrecht (55), ’n algemene praktisyn van Stella en eienaar van die wildplaas Leeuwbosch, in November verlede jaar byna R500 000 uit die verkoop van 7,12 kg renosterhoring gemaak.

Hy het dit aan een van die beweerde baasbreine van die sindikaat, Chumlong Lemtongthai, verkoop.

Hy het ook 44 leeukarkasse teen R330 000 verskaf aan die in-en-uitvoermaatskappy Xaysavang Trading, waarvan Lemtongthai ’n direkteur is.

Engelbrecht het Vrydag aan Die Burger gesê verteenwoordigers van Xaysavang het “net een” renoster op sy plaas “gejag”.

“Al my goed is wettig. Die renosterjag is met natuurbewaring se teenwoordigheid gedoen en ek het permitte gehad. Jy kan nie hier by my fopjag doen nie, want jy moet die renoster soek.”

Engelbrecht het gesê hy besit nie meer renosters nie weens die “hoë risiko” daaraan verbonde en ’n stroopvoorval verlede jaar.

“Ek was een van die eerste ouens by wie gestroop is en ek het toe my renosters weggemaak.”

Die Burger het gister onthul hoe ’n Vrystaatse leeuteler, Marnus Steyl, renosterhorings van miljoene rande aan Xaysavang verskaf het en hoe Thaise prostitute en ontkleedanseresse as “jagters” gebruik is om jagpermitte te bekom.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: renosterstropery  |  smokkelary

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.