Dokter se moordenaars steeds op vrye voet

2012-01-29 17:55
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n dokter wat in ‘n motorkaping in Pretoria doodgeskiet is nie, het die polisie in Gauteng Sondag gesê.

Dr. John Moche, ‘n 41-jarige dermatoloog by die Steve Biko Akademiese Hospitaal, is Vrydagaand deur kapers doodgeskiet.

Luidens ‘n berig in Rapport het hy omstreeks 20:30 in sy Range Rover gesit buite ‘n meenthuis-kompleks in Viljoenstraat. Hy het met ‘n verpleegster gepraat, wat ‘n passasier in die motor was.

Twee gewapende mans het die deure oopgemaak en hul albei uit die motor getrek. Een van hulle het Moche een maal in die bors geskiet. Hulle het met die motor gevlug. Die verpleegster het geen beserings opgedoen nie.

Die motor is later verlate in Atteridgeville gevind.

Die polisie het nog niemand in hegtenis geneem vir die misdaad nie, het lt. kol. Lungelo Dlamini Sondag gesê.

Die departement van gesondheid in Gauteng het by monde van die LUR, Ntombi Mekgwe, en die departementshoof, Nomonde Xundu, skok en medelye oor die voorval uitgespreek.

“Ons doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om die polisie by te staan in hul ondersoek en sodoende te verseker dat die oortreders in hegtenis geneem word,” het die LUR gesê.

Die uitvoerende hoof van die hospitaal, dr. Ernest Kenoshi, het Moche as hardwerkend en ‘n goeie vriend beskryf.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: pretoria  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.