Dokter red tweejarige, man by Langebaan

2011-01-03 09:13
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad – Selfs tydens sy vakansie het dr. Cleeve Robertson van die Metro EMS op Nuwejaarsdag ’n tweejarige seun en ’n man uit die Langebaan-strandmeer gered.

Robertson se vrou, Charmaine, het Saterdag ’n angstige kleuter in ’n klein opblaas-binneband sien dryf. Dit was naby die huisboot waarop die gesin by Kraalbaai vir die vakansie tuis gaan.

Robertson, sy vrou, sy dogter Carrie en haar vriend, mnr. Kent Paulsen, het in hul skiboot gespring en na die kind gejaag.

Met hulle aankoms het hulle die huilende seun van sowat twee jaar oud alleen in die binneband aangetref.

“Hy was so bang ek moes mooi met hom praat om hom uit te kry. Gelukkig het hy plat gesit,” het Robertson, wat direkteur van Metro se nood- en mediese reddingsdiens (EMS) en die NSRI se nasionale mediese hoofbeampte is, gister gesê.

Hulle het gehoor hoe mense skree en toe gesien hoe ’n man daar naby aan die kant van ’n ongebruikte huisboot klou.

“Net toe ons by hom kom, het hy onder die water verdwyn. Ek en Kent het gesukkel om hom op die skiboot te kry, want hy het sowat 90kg geweeg. Hy het flou geword toe ons hom uiteindelik op die boot kry,” het Robertson gesê.

“Dit was ongelooflik. Nog ’n paar minute, en hy sou dit nie gemaak het nie. Die water was seker 3m diep omdat dit hoogwater was.”

Hulle het albei op die strand afgelaai, waar Robertson noodhulp toegepas het.

Robertson het gesê die kind is deur ander kinders op die strand kom haal. Die man is vermoedelik die kind se oom of pa.

Verdere besonderhede oor hul identiteit en hoe hulle in die moeilikheid beland het, is nie bekend nie, het mnr. Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

Die NSRI het nog ander voorvalle aangemeld:

* Kleinmond: Die lyk van ’n man is Saterdag om 17:50 in die Palmietrivier gevind nadat ’n noodoproep ontvang is dat iemand vermis is.

Volgens ao. Martin Mostert van die Kleinmond-polisie het die man (43) Saterdag teen 17:40 saam met sy drie stiefkinders gaan swem, berig Ilse Krige.

Die drie kinders wat saam met die man gaan swem het – so tussen 8 en 11 jaar oud – het hul ma by die Faerie Glenn-dagkampeerterrein langs die Palmietbrug gaan roep.

Die oorledene se naam kon nog nie bekend gemaak word nie.

* Kommetjie: ’n Oproep is ontvang van rooi seinfakkels wat naby die strand gesien is. By nader ondersoek is gesien dit is drywende Chinese lanterns. Dit is die vierde keer dat die NSRI in Kommetjie hiervoor uitgeroep is.

* Struisbaai: Die stasiebevelvoerder van die NSRI in Agulhas het kort voor op Nuwejaarsdagvoor middernag gesien hoe ’n klein rubberbootjie met drie mense daarin omslaan. Die NSRI is ontplooi en al drie mense, wat beweer het hulle soek ’n lekker visvangplek, is gered.
   
* Yzerfontein: ’n Seun (12) is na die hospitaal vervoer nadat hy beseer is toe ’n boot hard geland het nadat dit deur die branders gebreek het.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.