Dokter blink op Joost se aand

2011-11-27 07:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Joost van der Westhuizen was dalk Dinsdagaand die man van die oomblik op sy geldinsamelingsaand, maar dis dr. Jody Pearl, die neurochirurg wat hom behandel, wat die manne laat swymel het.

Wolwefluite het uit die gehoor opgeklink toe sy, gegiet in ’n goue kleefmini, die verhoog bestyg het om ’n geskenk te ontvang. “Wag nou, ouens! Hier’s media hier. Nou-nou is ek al weer op die voorblad,” het Joost wal gegooi.

Hy’s dalk ’n “doodsvonnis opgelê”, maar gaan nie net toekyk hoe motorneuronsiekte (MNS) sy lewe en dié van talle ander verwoes nie, het hy gesê op dié dinee wat die Suid-Afrikaanse Rugbylegendes-vereniging (Sarla) in Kempton Park vir hom gehou het. Daarom het hy ’n organisasie met die naam J9 (“J” vir Joost en “9” vir die nommer waarmee hy vir die Bokke uitgedraf het) gestig om mense met MNS met hul mediese koste te help.

Op die dinee het Joost Daniel Nembidzane van Venda, die eerste mens met MNS wat deur J9 bygestaan gaan word, aan die sowat 1 200 gaste bekend gestel.

“Omdat ek wonderlike ondersteuners het wat vir my sorg, wil ek hê daar moet na julle ook gekyk word,” het hy aan Nembidzane gesê.

Bykans al die spelers wat in 1995 se Wêreldbekerreeks saam met Joost uitgedraf het, was by die geleentheid in Emperors Palace byeen. Dié wat nie daar was nie, het per video ’n boodskap van steun gestuur.

Bykans R1,5 miljoen is hier vir Joost se mediese koste ingesamel.

Mnr. Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het Joost geprys vir sy bydrae tot rugby in Suid-Afrika.

Mnr. Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het so mee­gevoer geraak by die geleentheid dat hy van die program afgewyk, op die verhoog geklim en namens Saru R10 000 aan Joost geskenk het.

Joost het op sy beurt van sy laaste rugbytruie aan sy ouers en sy kinders (“die siele wat my nog aan die gang hou”) oorhandig.
Dr. Erik Pioro, wat Joost in Amerika behandel het, het gesê hy is optimisties dat ’n kuur vir MNS gevind sal word.

“MNS is in 1874 die eerste keer by iemand gediagnoseer. Dis 140 jaar later en ons het nog nie daarin geslaag om die siekte te stop nie,” het hy gesê.

“Ons weet nie wat die oorsaak is nie en ons het nie ’n geneesmiddel nie.

“Wat ons wel weet, is dat 10% van die gevalle oorerflik is. Ons doen tans kliniese toetse en dis net ’n kwessie van tyd voordat ons die siekte oorwin.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Wessel, my whawha was nie veronderstel om iets te beteken nie!Dis kommentaar. Ek sien die werkies in en om die huis word "ongelukkig" by jou ook maar self gedoen, en DAAROM geen simpatie nie. As iemand anders die werkies gedoen het, sou jy dan simpatie gehad het? Met wie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.