Dokter binne hospitaal verkrag
2010-10-30 15:46
Johannesburg - ‘n Man en ‘n seun wat na bewering ‘n vroulike dokter in ‘n hospitaal in Bloemfontein aangerand en verkrag het, is Saterdag in hegtenis geneem, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Die 16-jarige seun, sy 24-jarige makker en nóg ‘n man het na bewering die dokter Saterdag in die vroeë oggendure by die Pelonomi-hospitaal oorweldig.
Een van die mans het die 35-jarige dokter met ‘n baksteen oor die kop geslaan. Hulle het haar toe in ‘n saal, wat opgeknap word, verkrag.
Die groep het gevlug, maar die polisie het hulle in hegtenis geneem nadat leidrade opgevolg is.
Hulle sal Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA