Dokter afgedank ná hy nie pasiënt wou sien
2009-12-02 13:13
Johannesburg - 'n Dokter wat van professionele wangedrag beskuldig word, is met onmiddelike effek van die Suidrand-Hospitaal in Johannesburg ontslaan.
Mandla Sidu, 'n woordvoerder van die departement van gesondheid, het Woensdag gesê dié besluit is geneem ná dié dokter glo geweier het om 'n pasiënt te help.
"Die dokter was op 25 November op bystand en het geweier om 'n pasiënt te help. Toe hy uiteindelik uitkom was hy glo aggressief met die verpleegsters en het onprofessioneel opgetree."
Die dokter, wie se naam nie genoem is nie, is met onmiddelike effek ontslaan.
Sidu het gesê die departement sal soortgelyke aksies neem teen dokters wat pasiënte sleg behandel.
– Sapa