Dodetal van gru-ongeluk nou 20
2011-11-15 08:23
Kaapstad – 'n 20ste persoon is dood ná 'n ongeluk waarin twee taxi's en 'n vragmotor in die Karoo betrokke was, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Onder die oorledenes is 'n maand oue baba en tweejarige kind.
Die sleepwa van 'n taxi het omstreeks 01:00 'n vragmotor tussen Leeu Gamka en die Prins Albert-pad getref, het kapt. Malcolm Pojie gesê.
Hy het gesê dié taxi het omgeslaan, waarna 'n ander taxi van agter toe teen dié taxi gebots het.
"Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie werk nog op die toneel. Dit lyk asof die oorledenes insittendes van die taxi's was."
Die mense is op die toneel dood verklaar en die beseerdes is na 'n plaaslike hospitaal geneem.
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA