Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Dodetal styg ná gewaagde ontsnappoging in Jhb

2012-10-22 18:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Minstens drie mense is dood ná 'n ontploffing in 'n voertuig wat gevangenes na 'n tronk in Johannesburg vervoer het.

Vier mense is in 'n kritieke toestand en 10 ander het ligte beserings opgedoen. Altesaam 36 gevangenes was in die voertuig.

Owerhede het bevestig dat die onploffing op pad na die Johannesburg-Sentraal-gevangenis plaasgevind het, en nie buite die tronk soos voorheen berig is nie, het die nuuskanaal eNCA op sy Twitter-blad bekendgemaak.

Brig. Neville Malila, polisiewoordvoerder, het gesê die voertuig het verhoorafwagtende gevangenes vanaf die Randburg-landdroshof na die Johannesburg-Sentraal-gevangenis vervoer, berig Sapa.

"Toe hulle by die hoek van Naturena en die ou Soweto-hoofweg stilhou, het die bestuurder 'n groot slag gehoor. Hy het 'n gat in die deur opgemerk en gesien hoe twee gevangenes ontsnap."

Die bestuurder het uitgespring en die twee in hegtenis geneem.

Die polisie het bevestig dat die bestuurder van die voertuig nie stilgehou het ná die ontploffing nie, omdat dit 'n groot sekuriteitsbreuk kon wees. Daar is ook bevestig dat "gevaarlike misdadigers" deel was van die ontsnappoging, berig Eyewitness News.

Die ploftoestel was agterin die voertuig en die polisie het gesê 'n ondersoek sal bepaal watter tipe toestel gebruik is en hoe gevangenes daarin kon slaag om die toestel weg te steek.
"Ons forensiese deskundiges fynkam die toneel om vas te stel watter tipe toestel in die ontploffing gebruik is," het Malila gesê.

Sake van moord, die besit van plofstowwe en die ontsnapping uit wettige aanhouding word ondersoek.

Thomas Moyane, nasionale hoof van die departement van korrektiewe dienste, het gesê dit is die eerste keer dat so 'n gewaagde ontsnappoging plaasvind.

Die polisie het gesê hy sal teruggaan na die tekenbord om soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Joe Black sê... Volgens E Nuus,het die president se beloftes, en gepaardgaande optrede reeds n verskil in Eldorado park gemaak.Pas dit ook in die Wes-Kaap toe. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Jukskei Park - 14:45 PM
    Road name: Witkoppen Road Both Ways
    DELAYS through Fourways
  • Friday Sunninghill - 14:37 PM
    Road name: Rivonia Road
    Traffic lights not working at Leeuwkop Road - POINTSMEN on duty
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.