Dit is nie die ware Manyi wat tweet
2011-04-01 23:00
Johannesburg - Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder en hoof van die regering se kommunikasie en inligtingsdiens (GCIS), het Vrydag gesê dat hy nie op Twitter is nie.
Neo Momodu, GCIS-woordvoerer, het Vrydag in ‘n persverklaring bevestig dat daar verskeie individue op Twitter is wat voorgee dat hulle Manyi is.
“Persone wat tweets volg wat kamstig deur ‘Jimmy Manyi’ gestuur word, word gewaarsku dat dit ‘n fop-rekening is.”
Die GCIS en die polisie werk daaraan om die skuldige persone vas te trek.
“Manyi se posisie vereis dat hy kritieke inligting vanaf die kanbinet met die burgers van Suid-Afrika deel, dit is juis daarom gevaarlik vir bedrieërs om voor te gee dat hulle hy is," het Momodu gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA