'Dit het niks met enigiemand te doen' – Malema

2011-08-01 09:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Dit het niks met enigiemand uit te waai of hy enige voordeel getrek het uit die familietrust nie en dít is die laaste hoofstuk in die storie.

Só het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, Sondag gesê oor nog media-onthullings oor sy uitspattige leefstyl.

Malema het dié stelling Sondagmiddag gemaak ná afloop van die 24ste nasionale kongres van die jeugliga wat die laaste paar dae in Boksburg gehou is.

“Hoe sal ek ’n trust wat in die naam van my ouma en dié van my enigste kind geopen is, misbruik deur geld van skelms en misdadigers daarin te laat betaal?

Ek het ’n middel gesoek waardeur ek geld kan kanaliseer wat vir projekte gebruik word en dit is waarvoor die trust gestig is,” het hy gesê.

Met verwysing na nuwe onthullings dat hy besig is om ’n huis vir sy ouma te bou het hy gesê daar moet onthou word “daardie vrou het nege kinders in die wêreld gebring en hulle het kinders en dié het kinders.

Dis nie net ek wat suksesvol is nie, daar is nog wat suksesvol is en almal bou die huis,” het hy gesê.

Oor die interdik wat hy verlede week teen die Sondagkoerante City Press en Rapport wou bekom, het Malema daarop gewys dat hy nie die berig opsig self wou keer nie, maar net die verspreiding van leuens in die berig.

“Julle kan skryf wat julle wil, ek glo in die vryheid van die pers, maar nie leuens nie. Die regter het ook daarop gewys dat daar ander middele tot my beskikking is soos om vir City Press te dagvaar. Dit word nou gedoen.

“Wat ons wou voorkom is, dat ­leuens gepubliseer word soos dat iemand R200 000 in die trust inbetaal het in ruil vir tendervoordele.

“Ek is nie bang vir die Valke of die belastingman nie, hulle kan kom. Niemand gaan my keer om die boodskap van ekonomiese bevryding uit te dra nie.

As hulle my in die tronk gooi, sal ek vir die mede-gevangenes die boodskap uitdra,” het hy gesê.

Lizel Steenkamp
berig uit Kaapstad dat die ANC Malema nié voor stok gaan kry nie, selfs al is daar week ná week nuwe beweringe oor sy uitspattige leefstyl en toenemende agterdog oor waar hy die geld kry om dit te finansier.

“Die ANC het nie sy eie polisiediens nie. Dis hoekom die SAPD daar is, om enige ANC-lid wat van ’n misdaad verdink word te ondersoek,” het Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder, gister gesê.

Volgens hom sal die ANC ’n verduideliking van Malema eis sodra al die ondersoeke na sy geldsake afgehandel is “en dit iets beduidend oplewer”.

City Press
en Rapport, susterkoerante van Beeld, het Sondag berig Malema het meer as R2 miljoen van die R3,6 miljoen vir sy luukse woning in Sandton in Johannesburg kontant betaal.

Dié huis is intussen afgebreek om vir ’n nuwe paleis wat glo sowat R16 miljoen gaan kos, plek te maak.

Malema slaan vure dood sedert die Sondagkoerante verlede week die bestaan van die familietrust onthul het en berig het dat sakelui van Limpopo na bewering geld daarin gedeponeer het.

’n Hooggeplaaste ANC-lid het Sondag op voorwaarde dat sy naam nie genoem word nie, gesê daar is ’n geruime tyd reeds vermoedens in sekere ANC-kringe dat Malema “iewers ekstra geld kry” om vir sy huise, motors en klere te betaal.

Die vakverbond Cosatu het by monde van Patrick Craven, woordvoerder, opnuut ’n beroep op die ANC gedoen om Malema voor die party se etiekkomitee te daag.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.