Dit gons op web oor matriekvideo

2011-12-20 09:52
Tweets Share Share line Print

Marelize Potgieter

Kaapstad – Heftige reaksie is gister ontlok deur die video wat mense ’n kykie gee in die wel en weë van matrieks wat met vakansie is.

Die kommentaar het gewissel van mense wat meen kinders se gedrag is “die vrugte van grootmense se werk”, die gevolg van lang hare wat op skool toegelaat word, of van onbetrokke ouers wat nie hul opvoedingstaak behoorlik doen nie.

Die Burger se webwerf het gister vroegoggend al uit sy nate gebars met opmerkings oor die dokumentêr. Gister teen 17:00 het byna 37 600 mense die video gekyk en baie het kommentaar op Die Burger, Beeld en Volksblad se webwerwe gelewer.

Die dokumentêr is oor vier dae op die KwaZulu-Natalse vakansiedorp Margate deur Na­dine Theron, ’n multimediajoernalis van Media24 se digitale span, verfilm. Die eerste episode is gister beskikbaar gestel en die tweede een is vandag te sien.

Terwyl die jongklomp in die noorde groot partytjie gehou het, lyk dit of jong mense op Plettenbergbaai en Hermanus hulle “heel goed gedra” het.

“Daar was geen voorvalle waar die polisie moes ingryp of waar ernstige misdrywe gepleeg is nie,” het kapt. Malcolm Poje, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Kol. Francois de Wet van die Hermanus-polisiekantoor het gesê: “Ons het geen noemenswaardige probleme gehad nie.”

Kommentaar het ingesluit (die oorspronklike spelwyses is behou):

    * jj.eksteen: “Kinders van die nuwe! verbeterde! nie-verkrampte! Suid-Afrika!”

    * Chris: “Ek dink dat 1% van die skool verlaters teen die einde van die vakansie dalk dood sal wees en dan wil die ouers langs ’n oop graf staan en hulle oë uit huil want my bloeitjie doen nie sulke dinge nie.”

    * AB: “Die seuns se hare het nou te lank geraak na hulle uit die skool is, daarom doen hulle wat hulle doen...aldus vorige nuusberigte en kommentare dat kort hare dissipline gee.”

    * JamesBotha1: “Julle is geskok, julle skeinheilige mense, julle is so vals soos Lusifer self. Ons kinders is wat ons van ons jeug gemaak het.”

    * Sarie: “SKOKKEND!”

Volgens Theron bly die skokkendste ding van die video die feit dat die kinders geen skaamte aan die dag gelê het wanneer hulle die kamera gesien het nie.

Vir meer agtergrond en inligting, kliek hier.










- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.