Dissipline in die ANC 'nie onderhandelbaar'
2011-11-10 12:22
Johannesburg – Dissipline in die ANC is ononderhandelbaar, het Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee, Donderdag gesê.
"Dissipline is ononderhandelbaar en dit moet toegepas word," het hy aan joernaliste by Luthuli-huis in Johannesburg gesê voor die lot van Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, bekend gemaak is.
Hy het gesê die ANC se nasionale algemene raad het in September 2010 gesê dit is belangrik dat sy lede gedissiplineer word.
Dit is "verpligtend" dat die dissiplinêre komitee "ag slaan" op die besluite van die nasionale algemene raad.
"Daar moenie verwarrende seine van leierskap wees oor kwessies van dissipline nie," het Hanekom gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
– Watter implikasies hou die uitspraak in Malema se tugverhoor vir die ANC as party? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
- SAPA