'Dis ’n nuwe struggle'

2011-10-29 07:05
Tweets Share Share line Print

Die ANC-jeugliga het geskiedenis gemaak en vreeslose ekonomiese vryheidsvegters lui nou ’n ­nuwe struggle in, het ’n pootuit Julius Malema gister by die Uniegebou in Pretoria gesê.

Die jeugliga het ’n memorandum van eise aan die regering oorhandig nadat sy optog eergister op die Beyers Naudé-plein in Johannesburg begin het.

Duisende jeugliga-aanhangers het die optog vir ekonomiese vryheid ondersteun deur per voet na die hoofstad op te ruk.

“Hierdie is nie die einde nie. Dit is maar net die begin,” het Malema gewaarsku.

Boaan die lys eise is die wysiging aan art. 25 van die Grondwet oor die reg op eiendom.

Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga wat die memorandum voorgelees het, het gesê die regering moet grond sonder vergoeding kan onteien.

“Alle produktiewe grond moet genasionaliseer en verhuur word,” lui die memorandum.

Die jeugliga dring ook daarop aan dat ’n staatsbank gestig word en die oorsese beleid so gewysig word dat lande wat Suid-Afrika se soewereiniteit bedreig, geïsoleer word.

Daar word voorts aangedring op gratis gehalte-onderwys en ’n nuwe fonds “waaruit 10 000 studente jaarliks na die beste universiteite gestuur kan word”.

Malema het vroeër kapsie gemaak toe ’n onbekende regeringsverteenwoordiger gestuur is om die memorandum in ontvangs te neem.

Thulas Nxesi, nuwe minister van openbare werke, is toe vir dié taak gestuur.

Volgens die jeugliga het 25 000 mense oor die twee dae aan die optog deelgeneem.

Malema het die meer as 5 000 ondersteuners wat by die Uniegebou byeengekom het, geloof vir hul deursettingsvermoë.

“Ons het geskiedenis gemaak en julle het groot dissipline gewys. Daar is mense wat sê ons getalle is te min.

“Die mense wat dit sê kan nie eens reël dat 20 mense vir ’n verjaardag opdaag nie.

“Jul goeie gedrag is ’n teleurstelling vir baie mense wat die ergste voorspel het. Daar is nie eens ’n appel (gedurende die optog) gesteel nie.”

Hy het gesê die jeugliga besef die optog gaan nie meebring dat mense Maandag werk het nie.

“Die stryd begin nou eers. Ek hoop daar sal ’n dag aanbreek wat ons nie een plakkerskamp in die land het nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.