‘Dis makliker as Shaik se parool’

2012-01-01 07:47
Tweets Share Share line Print

Die gesondheid van Jackie Selebi, ’n diabeet, het nog net verswak sedert hy die skoknuus op 2 Desember ontvang het dat hy sy vonnis moet uitdien. (Herman Verwey, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Dit sal vir die korrupte én siek voormalige polisiehoof Jackie Selebi selfs makliker as die bedrieër Schabir Shaik wees om vir mediese parool in aanmerking te kom.

Die Wysigingswet op Korrek­tiewe Kwessies wat in 2011 goedgekeur is, bepaal dié parool is nie net bedoel vir pasiënte soos Shaik wat “in die finale, terminale fase” is nie.

“Dit gaan makliker wees, want jy hoef nou nie meer besig te wees om dood te gaan nie,” het mnr. ­Julian Knight, ’n prokureur wat spesialiseer in paroolaangeleent­hede, gesê.

Ingevolge die wysiging hoef ’n gevangene net aan te dui hy is “onkapabel”.

Van die ander oorwegings is die waarskynlikheid dat die gevangene dieselfde misdade sal kan herhaal en of sy mediese toestand doeltreffender buite die tronk behandel kan word.

Dr. Heleen Bierman, die spesialis wat Selebi in die Steve Biko- akademiese hospitaal behandel, het sy toestand as “kritiek” bestempel.

Selebi ontvang sedert 19 Desember chroniese nier­dialise en sal na verwagting eers einde Januarie ontslaan kan word om in die mediese vleuel van die tronk verder behandel te word.

Behalwe dat Selebi waarskynlik nie gou in ’n tronksel sal beland om tronkstraf van 15 jaar weens korrupsie uit te dien nie, is sommiges ook ontsteld oor klaarblyk­like voorkeurbehandeling vir Selebi.

Suné Kitshoff berig personeellede het glo opdrag gekry dat Selebi nie geboei mag word soos ander gevangenes nie.

Rapport verneem verder Selebi mag ’n onbeperkte aantal besoekers ontvang en hy het tot dusver verskeie regeringshoës langs sy bed gehad.

Mnr. Zacharia Modise van die departement van korrektiewe diens­te het ontken Selebi ontvang voorkeurbehandeling.

Hy het ook benadruk ’n aansoek om mediese parool is nog nie ontvang nie.

Maar mnr. James Selfe, DA-woordvoerder oor korrektiewe dienste, sê hy en baie ander verwag so ’n aansoek in die afsienbare toekoms.

“Dit is amper déjà-vu (van die Shaik-saak). Die vonnisse is selfs dieselfde lengte. En in albei gevalle ontdek hulle ná die tyd ’n toestand wat nog nooit voorheen verklaar is nie.

“Die vraag wat ek het, is waarom Selebi nie sy siektetoestand as versagtende omstandighede aangevoer het tydens sy vonnisverrigtinge nie?”

Selfe sê dis waar dat die net nou baie wyer gespan is vir gevangenes wat in aanmerking kan kom vir mediese parool, maar dat wetgewing nou ook vereis dat onafhanklike mediese praktisyns die feite evalueer.

Daar is ook verskeie stappe in die aansoekproses wat dit moeiliker as in die verlede maak om amptenare ’n rat voor die oë te draai.

“Ons sal elke stap in die proses krities dophou.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: jackie selebi

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.