Dis Freek teen Riaan vir die nuus om 7

2010-06-26 08:30
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Johannesburg - Die kykers van Afrikaanse TV-nuus sal binnekort kan kies by wie hulle die sewe-uur-nuus wil hoor: Riaan Cruywagen op SABC2 of Freek Robinson op kykNET.

’n Volwaardige nuusbulletin in Afrikaans word van vroeg in Augustus op kykNET uitgesaai – in die gewilde 19:00-tydgleuf waar Cruywagen al dekades lank ’n huishoudelike gesig is. Robinson, ook ’n SAUK-veteraan van langer as 30 jaar, sal kykNET se splinternuwe Afrikaanse nuusbulletin van Maandae tot Vrydae aanbied.

Die onafhanklike kanaal e.tv se 24-uur-nuuskanaal sal die Afrikaanse nuusbulletin saamstel, verpak en vir uitsending aan ­kykNET lewer. ’n Span wat van die land se voorste uitsaaijoernaliste insluit, val begin Julie by e.tv in om te begin voorberei vir die nuwe Afrikaanse TV-nuusbulletin wat in die eerste of tweede week van Augustus op die lug sal wees.

kykNET en e.tv se gesamentlike onderneming beteken Afrikaanse TV-kykers sal vir die eerste keer ooit ’n keuse hê oor waar hulle hul TV-nuus wil kyk.

e.tv se Engelse nuusbulletins het in die laaste tyd heelwat opgang gemaak, veral omdat dit as meer onafhanklik en vry van politieke inmenging beskou word.

Daarteenoor is Cruywagen die mees vertroude nuusleser in die land – by alle gemeenskappe. SABC2 se 19:00-bulletin is jare lank al die bulletin met die grootste kykertal in die land.

Benewens Robinson het e.tv twee ander bekende SAUK-joernaliste vir dié bulletin aangestel. Hulle is die RSG-omroepers LiMari Louw en JP Keyter.

Andries Cornelissen, ’n voormalige redaksielid van Die Burger en Beeld en tans besturende redakteur van nuus en sport by Jacaranda 94.2, is as nuusredakteur van die nuwe bulletin aangestel.

Gevra of die nuwe bulletin die SABC se kykers gaan probeer afrokkel, het Robinson gister gesê dit is moontlik.

“ ’n Mens gaan nie in die mark in as jy nie hoop om mense te trek nie, en die mense moet iewers vandaan kom.”

Robinson het ook gesê daar moet in gedagte gehou word dat die kanaal ’n beperkte gehoor het omdat DStv ’n betaaldiens is.

Volgens hom sal daar ná ’n “redelik uitgebreide vergadering van rolspelers” vandag meer besonderhede bekend wees.

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het aan Janice ­Keogh gesê die nuwe Afrikaanse nuusbulletin is geen kompetisie vir die SAUK nie.

“Die SAUK is ’n openbare uitsaaier. DStv saai net vir ’n spesifieke nismark uit.”

Kganyago het gesê hulle is nie bekommerd oor SAUK-joernaliste wat na e.tv geskuif het nie.

Die gesoute radio-en-TV-joernalis Lynette Francis gaan die program Praat saam soggens op RSG van Woensdag aanbied.

Robinson bied die program Dinsdag die laaste keer aan.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: bekendes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Dit was die verkeerde huis! Weet hulle nie waar die ministers bly wat hulle alles belowe het nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 53,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.