'Dirk soek aandag, is nie versteurd'

2010-01-27 08:38
Tweets Share Share line Print

Julian Rademeyer

Baranowitsji, Belarus - Dirk Prinsloo is eksentriek, buitensporig selfversekerd en wil altyd die middelpunt van aandag wees. Tog toon hy geen psigotiese neigings en ly hy nie aan ’n sielkundige ongesteldheid nie.

Dít is psigiaters by die Novinki- psigiatriese hospitaal in Minsk, die hoofstad van Belarus, se bevinding nadat hulle hom verlede jaar ondersoek het.

“Burger Prinsloo” het ’n “oordrewe siening van sy vermoëns” en is “ geneig om ’n vyandige houding teenoor ander mense in te slaan”.

Hy is ook geneig om “oorhaastig besluite” te neem en steur hom nie aan “negatiewe inligting wat sy selfbeeld aantas” nie.

Dié verslag is gister tydens Prinsloo se verhoor in die Baranowitsji-distrikshof uitgelees.

Psigiaters sê Prinsloo raak “geïrriteerd” wanneer hy nie aandag kry nie en “dwing sy standpunt aggressief op ander mense af”. Hy neem ook nie ander mense se belange in ag nie.

Tog meen die psigiaters Prinsloo kan sy optrede en die gevolge daarvan verstaan. “Prinsloo kan die aard en sosiale gevare van sy optrede verstaan.”

Tydens gister se hofverrigtinge het Prinsloo vir regter Vasiliy Pe­triv belowe: “Ek sal ’n soet seun wees.”

Dit kom nadat Petriv Prinsloo ’n week en ’n half gelede uit die hof gejaag het nadat die twee herhaaldelik koppe gestamp het.

Joernaliste by die hof is verbied om met Prinsloo te praat.

Toe die polisie hom gister ná die hofverrigtinge vinnig wegneem, het hy aan Die Burger se verslaggewer gesê: “Ek is bly julle kon kom.”

Prinsloo staan tereg op verskeie aanklagte wat spruit uit ’n mislukte bankroof op 10 Junie verlede jaar by ’n bank naby die woonstel waar hy gebly het. Hy is ook aangekla in verband met sy beweerde beledigende aanvalle op sy Belarussiese minnaresse.

Drie vroue is tydens die bankroofpoging aangerand. Prinsloo was na bewering met ’n speelgoedpistool, ’n kombuismes en ’n blikkie traanrook gewapen.

Prinsloo het gister gesê hy het tot sy sinne gekom toe hy geld agter die toonbank sien, asook bloedspatsels op die vloer van een van die vroue wat aangerand is.

“Op dié oomblik was ek geskok oor wat ek gedoen het en ek het die bank onmiddellik verlaat.”

Sy regsverteenwoordiger, Svetlana Abrosimova, het ’n verklaring in die hof uitgelees wat Prinsloo in Oktober verlede jaar afgelê het. Hy beweer daarin die polisie het hom “fisiek en geestelik” gemartel en gedwing om “talle feite te bevestig wat nie met my geheue strook nie”.

Hy het gesê die idee van ’n bankrooftog het ’n paar weke vantevore “herhaaldelik in my kop gekom”.

“Ek het gedink ek sal ’n klein bietjie geld van die kassier vat, maar niks van die kitsbank of die kluis nie.”

Hy het sy gedagtes oor ’n bankroofpoging “suksesvol onderdruk” tot die dag toe hy sy “sinne verloor het”.

As sy poging geslaag en hy die bank leeggesteel het, sou hy weggekom het met R58 000 in Bela-russiese roebel en R55 000 in Amerikaanse dollar. Tydens die bankroofpoging was daar ook R155 000 in Belarussiese roebel in die kitsbank. Daar was 46 g goud in die kluis, asook verskeie waardevolle items en effekte ter waarde van sowat R4 000.

Eksklusiewe beelmateriaal: Dirk Prinsloo in Belarus




Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: dirk prinsloo  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

elkita.robbertse sê... Die beloftes het begin.Beloftes wat leeg is van enige waarheid.Geen skaamte..Die anc hget geen einde wat korrupsie aan betref nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.